Quantcast
Channel: Woon – SARIE
Viewing all 252 articles
Browse latest View live

Skep ’n tuiskantoor

$
0
0

Al hoe meer mense werk van die huis af en met huise wat kleiner raak, moet jy dalk jou tuiskantoor in jou leefruimte inrig. Só kan jy dit doen:

Gebruik ’n erfstuk

’n Bal-en-kloulessenaar lyk weer modern met ’n nuwe laag verf. Voeg ’n moderne perspeksstoel en vinielplakker by en dit pas in by die kontemporêre styl. Die laaie is lekker om los goed vinnig in weg te pak.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Uit die ysterwarewinkel

Koop bokkiepote en laat saag ’n groot genoeg blad vir jou lessenaar. Verf die blad in ’n kleur(e) wat by jou dekor pas.

FOTO Mickey Hoyle

FOTO Mickey Hoyle

Skep orde

Dié ontwerpersbokkietafel skakel stylvol in by die leefvertrek. Die glasblad is ’n goeie keuse, want dit maak die tafel “onsigbaar”. Hoewel byna niks in die kantoor weggepak word nie, is dit goed georden met die lêers en bêrebokse wat inpas by die kleurskema.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Modern en lig

Met sy skoon, moderne lyne en blonde hout sal hierdie lessenaar (R4 995) van Weylandts by enige dekorstyl inpas.

FOTO Weylandts

FOTO Weylandts

Prakties en veeldoelig

Dié kompakte lessenaar (R1 700 by uitsoek-takke van Game) sal voor jou bed ewe tuis wees as ’n ruim bedkassie.

FOTO Game

FOTO Game

Lees nou

Mooier vir onder R200

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

Hoe lyk dekor in 2017?

The post Skep ’n tuiskantoor appeared first on SARIE.


Meubileer só jou eenkamerwoonstel

$
0
0

Die meeste van ons begin ons studente- of professionele lewe in ’n eenkamerwoonstel. Met slim plasing van meubels kan jy die woonstel ruim en modern laat lyk.

1. Bed word bank

’n Enkel- of driekwartbed word jou rusbank én slaapplek. Gooi ’n mooi deken of stuk lap oor jou opgemaakte bed, plaas jou slaapkussings teen die muur en verberg dit met vrolike bont kussings. Die koffietafel is ook dubbeldoelig, want dis eintlik ’n bankie (van Pedersen + Lennard) wat as ekstra sitplek kan dien.

Wenk Koop of maak groot kussings (60 x 60 cm) en gebruik die beste gehalte vulkussings (soos dons of Unicurl-vesel). Dit behou sy vorm en sal baie jare hou.

eenman1

FOTO Ryno

 

2. Ekstra sitplek

’n Ottoman is ’n praktiese meubelstuk. Dit kan as ekstra sitplek, sytafel of selfs langs jou bed gebruik word. Dit is ’n bekostigbare manier om kleur en tekstuur in te bring. Ottoman (R499,99), Mr Price Home.

 

FOTO Mr Price Home

FOTO Mr Price Home

3. Kies kompakte meubels

’n Klein tafel kan altyd weer gebruik word as jy na ’n groter plek trek, en dit bly darem net lekker om by ’n tafel te sit en eet. Dit word ook ’n mini-studeerkamer. Die “stoele” is leë 25-liter-verfblikke. Koop kussings vir lekker sag sit. In die blikke is natuurlik heerlike stoorplek vir los goed.

Wenk Gebruik mooi houers waarin jy los goed bêre. Goed wat rondlê, laat ’n klein plek chaoties en beknop lyk.

eenman3

FOTO Ryno

 

4. ’n Boekrak wat afsper

’n Boekrak kan so geplaas word dat dit jou slaap- of eetruimte versteek of afsper. Jy kan die rak gebruik as bêreplek vir boeke, breekgoed en self netjies opgevoude klere. Boekrak (R2 499), @home livingspace5

eenman4

FOTO @home

 

5. Hou dinge ordelik en gebruik muurspasie

Maak ekstra hangplek deur jou eie kapstokke te maak van afvalplankies. Verf die plankies, skroef hakies of knoppies daarop vas en hang op.

Wenk As jy nie spykers in die mure mag slaan nie, hang dit agter jou deur op.

eenman5

FOTO Ryno

Lees nou

Pastelle is nie pieperig nie

Kies koper en sy pelle

Só lyk strooikussings die seisoen

The post Meubileer só jou eenkamerwoonstel appeared first on SARIE.

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

$
0
0

Die koskas is vol ou produkte, die koeverte lê opgestapel op jou deurmekaar lessenaar en jou klerekas kan skaars toe. Dis nie die manier om 2017 te begin nie.

Begin by jou voorportaal en werk die hele huis stelselmatig deur – een kamer op ’n slag. Met dié wenke sal dit vinniger gaan as wat jy dink!

Ons het verlede week met drie vertrekke begin. Hierdie week kyk ons na jou badkamer, leefruimte en eetkamer.

(Blaai deur die galery)

Jou kombuis

Jou kombuis moet skoon en netjies wees – soos ’n sjef se kombuis. Hou net dit wat jy gereeld gebruik, op die toonbanke, en pak al die ander goed weg.

• Kombuisgoed hoort in die kombuis, die res moet uit. Jou kombuis word vinnig deurmekaar wanneer ander items soos posstukke daar beland.

• Pak jou koskas uit, vee die rakke af en gooi alles weg wat verval het. Skenk enige produkte wat jy nie gaan gebruik nie. Pak nou alle produkte wat saam hoort saam. Items wat elke dag gebruik word, moet voor in die kas staan, ander items soos bakprodukte wat min gebruik word, agter.

• Gooi produkte soos suiker, meel en rys oor in plastiek- of glashouers. Omdat dit dig seël, hou dit produkte langer vars en dit lyk boonop netjies. Jy kan ook nou in groot maat koop en só geld spaar.

FOTO Henk Hattingh

Leefruimte

Dink aan wat jy alles graag in jou leefruimte doen en beplan die kamer om jou behoeftes.

• As jy ruimte wil hê om te ontspan, lees en televisie te kyk, maak seker jy het gemaklike kussings en komberse, die boekrak is naby en jy het ’n plekkie vir die afstandbeheerders. Enige ander items moet uit die vertrek geskuif word.

• Bêre alles in mooi houers. Daar is geen rede waarom jou bêreplek nie jou persoonlike styl moet weerspieël nie. Mandjies kan vir alles van speelgoed en komberse tot kaggelhout ingespan word.

FOTO Henk Hattingh

Eetkamer

Die eetkamer is gewoonlik óf deurmekaar, óf so formeel en netjies dat dit nooit gebruik word nie. Maak dié ruimte prakties, maar ook sonder enige clutter.

• Neem 30 minute en haal alles van die oppervlakke af en vee skoon (gebruik ook meubelpolitoer as jy houtmeubels het). Sit ’n bak met vars vrugte of pot met blomme uit die tuin op die tafel.

• Sorg dat alles wat jy nodig het om te eet bymekaar is – vurke, messe, servette, tafeldoeke, kerse, sout en peper – asook enigiets anders wat jy nodig het om te onthaal. Dis altyd beter om items te bêre waar jy dit gebruik.

FOTO Henk Hattingh

Bronne: My Domaine, Budget Dumpster, SARIE-dekorredakteurs, Apartment Therapy

Lees nou

Dekor – die moets en moenies

Dekor-trend: Marmer

7 goeie Nuwejaarsvoornemens vir 2017

The post Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit appeared first on SARIE.

Maak mooi met papier

$
0
0

Met net ’n paar velle papier kan jy jou dagboek mooi oortrek, ’n blompot versier, of selfs ’n kas ’n nuwe baadjie gee.

Nuwe jas vir jou kas

’n Paar stukke afval-muurpapier is al wat jy nodig het om ’n ou kas met panele weer mooi te maak. Gebruik ’n staalliniaal en ’n matmes en sny die papier tot die regte grootte. Plak dit met muurpapiergom binne die panele vas volgens die vervaardiger se aanwysings.

sr0605dekor03.tif

FOTO Inge Prins

Versier ’n blompot

Gee ’n blompot wat sy fleur verloor het, weer ’n vars voorkoms. Jy kan enige stuk mooi papier gebruik. Sny die papier tot die regte grootte en draai dit glad om die vaas voordat jy dit met alkantkleeflint vasplak. Of knip motiewe uit die papier en plak dit met spieëlplakband op die vaas vas sodat dit effens uitstaan.

sr0701dekor01.tif

FOTO Inge Prins

Trek boeke oor

Papier met tekstuur of enige mooi geskenkpapier kan jou notaboeke stylvol laat lyk. Trek die boeke net netjies oor met die papier.

sr0610dekor01.tif

FOTO Johan Willie

Plak ’n muur

Sien jy kans vir ’n groter projek? Plak dan ’n muur of selfs net ’n deel van ’n muur soos agter jou lessenaar met muurpapier. Dié papier is uit Eijffinger se Geonature-reeks, nr. 366032 (in Suid-Afrika versprei deur Dreamweaver Studios).

papier4

FOTO Eijffinger

Knip ’n krans

Knip ’n dun ringvorm met ’n deursnee van sowat 30 cm uit stewige karton. Dit is die basis waarop die blare vasgeplak gaan word. Knip eenvoudige blaarvorms en fyn takkies uit groen papier in verskillende skakerings. Vou ’n “aar” in elke blaar sodat die kante effens uitstaan. Plak die blare almal in een rigting op die ring totdat dit dig genoeg sodat die karton nie meer sigbaar is nie. Rond dit met die fyn takkies af.

papier5

FOTO Willem Lourens

Lees nou

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

Skep ’n tuiskantoor

Rek jou pakplek

The post Maak mooi met papier appeared first on SARIE.

Februarie is hier! Laai jou gratis kalender af

$
0
0

Die maand van die liefde is hier! En ons is almal reg om Februarie vars te begin met ons pragtige nuwe kalender.

Daarom is dit nou tyd om jou slimfoon en rekenaar se agtergrond te verander.

2017_Feb Anno

As jy hierdie op jou slimfoon lees, klik op die prentjie wat jy graag as agtergrond wil hê. Jou slimfoon sal jou die opsie gee om die prentjie te bêre. Bêre die prentjie.

Laai af: 320 x 480 (vir gewone skerms) OF 960 x 640 (vir groter skerms)

Só verander jy die agtergrond op jou Android-slimfoon:

1) Op jou slimfoon, klik op die “menu”-opsie en kies die “wallpaper”-opsie óf gaan na jou galery.

2) Kry die prent wat jy wil gebruik en klik daarop.

3) Daar sal ’n boks verskyn waarmee jy kan kies of jy die hele prent of net ’n gedeelte wil laat verskyn. Maak jou keuse.

4) Links onder kan jy die grootte van die prent goedkeur: Wag ’n sekonde terwyl jou agtergrond verander.

5) Jy sal ’n erkenning ontvang dat jou agtergrond verander is. Gaan na jou tuisskerm, en siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond!

Só verander jy die agtergrond op jou IOS-slimfoon (Apple):

1) Gaan na jou “settings”-opsie.

2) Soos jy met jou duim boontoe beweeg, sal ’n “wallpaper”-opsie verskyn. Klik op dié opsie.

3) Jou huidige tuisskerm en geslote skerm gaan wys. Bo die twee prente is ’n opsie “Choose a New Wallpaper”. Klik daarop.

4) Klik op jou “Camera Roll”-opsie. Soek jou prentjie, klik op die prentjie en “set” dit.

5) Jy het ’n keuse om dit óf jou tuisskerm óf jou geslote skerm te maak, óf albei. Siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond.

SARIE het ook spesiaal ’n agtergrond vir jou rekenaarskerm gemaak. 

Laai dit HIER af. 

2017_Feb Desktop

ALLE ONTWERPE: Maresa Pretorius

Gelukkige Februarie!

The post Februarie is hier! Laai jou gratis kalender af appeared first on SARIE.

Slim kopies vir jou koshuiskamer

$
0
0

Met die beperkte spasie van ’n koshuiskamer moet jy fyn beplan wat moet saam en wat moet bly.

Maar maak seker jy skep ’n huislike atmosfeer, want dit gaan die res van die jaar jou huis wees. Werk ook rondom ’n kleurtema sodat alles min of meer by mekaar pas.

1. ’n Klein groente-trollie bied waardevolle pakplek en kan dien as mini-kombuis op wiele. Jy kan ook lêers op die onderste rakke hou. Boardmans R359,95

vegtrolley

FOTO Boardmans

2. Skaf ’n paar mooi bêrebokse met deksels aan om dinge te orden. Mr Price Home R39,99

FOTO Mr Price Home

FOTO Mr Price Home

3. Vlak mandjies is in verskillende groottes beskikbaar en kan help om jou klerekas of rakke netjies te hou. Mr Price Home, vanaf R119,99

FOTO Mr Price

FOTO Mr Price Home

4. Koop ’n leeslamp waarby jy kan studeer en wat ook dien as bedliggie. Mr Price Home R229,99

Lampmrp

FOTO Mr Price Home

5. Neem ’n waaier saam vir snikwarm dae.

6. Soek ’n duvetstel wat nie gestryk hoef te word nie en kies liefs een in ’n neutrale kleur waarvoor jy nie te gou moeg sal word nie. Sorg dat jy ’n ligte oorgooikombers byderhand het vir bibberdae.

7. Kies ’n masjienwasbare bedmat.

8. Moenie meer as drie items elk breekware (koffiebeker, bord, bakkie) koop nie – dit sal sommer ook keer dat die skottelgoed ophoop!

9. Hoor by senior studente van klein tweedehandse yskaste wat moontlik te koop is.

10. Hou ’n paar groot Pep Stores-sakke vir oppak en stoor aan die einde van die jaar.

Lees nou

Maak mooi met papier

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

The post Slim kopies vir jou koshuiskamer appeared first on SARIE.

Goed, beter, hortjies

$
0
0

Soek jy ’n slim oplossing vir vensters en deure wat veiligheid bied en boonop bydra tot die voorkoms van jou huis? Hier’s dalk net die ding vir jou …

Taylor Blinds Promosie Tag R

Sekuriteit en styl is sinoniem met ShutterGuard®-aluminium-veiligheidshortjies. Die hortjies is beskikbaar in vyf standaard-kleure, maar jy kan ook jou eie kleure laat vermeng. Die produk sal nie krom trek, kraak of roes nie en word vir 10 jaar gewaarborg.

ShutterGuard® Aluminium

ShutterGuard® Aluminium-veiligheidshortjies

Hurricane-aluminiumhortjies is oorspronklik ontwerp om vensters en deure teen wind en weer te beskerm sonder om die voorkoms van jou huis te bederf. Hierdie stylvolle hortjies van aluminium kan binne óf buite gebruik word. Dis nie geskik vir sekuriteit nie. Dis beskikbaar in vyf standaard-kleure, maar jy kan ook jou eie kleur laat vermeng. Die hortjies sal nie krom trek, kraak of roes nie en word vir 10 jaar gewaarborg.

Hurricane Aluminium hortjies

Hurricane Aluminium hortjies

As natuurlike lig en privaatheid jou hoofvereistes is, kies die Amerikaanse-styl Thermowood-hortjies van kunshout. Dit is veral geskik vir binnegebruik: as kamerverdelers, kasdeure, kombuiskasdeure en voor vensters. Die gewilde Thermowood-hortjies is in ses standaard-kleure beskikbaar. Thermowood word vir drie jaar gewaarborg. Dis bestand teen vog, sal nie krom trek, kraak, skeur of roes nie en maak maklik skoon.

Thermowood hortjies

Thermowood hortjies

Vir meer inliging, besoek: www.taylorblinds.co.za

Skakel: 0860-1-TAYLOR | Facebook @taylorshutters | Instagram @taylorshutters | Twitter @taylorshutters

Jy kan die benaderde koste aanlyn bereken voordat jy ’n kwotasie van die handelaar aanvra.

The post Goed, beter, hortjies appeared first on SARIE.

Nog goed om met haarrekkies te doen

$
0
0

Rekkies is nie net vir hare nie. Haar- of gewone rubberrekkies kan jou help orde skep in die huis en selfs ’n klere-krisis oplos.

FOTO Emma Simpson----maak asb seker by anita

FOTO Emma Simpson

Maak jou broeke/rompe groter

Sit jou broek te styf? Vou ’n rekkie dubbel, steek dit deur die knoopsgat en trek die een punt deur die ander punt om ’n lus te maak. Haak die lus om die knoop en jy wen ’n paar sentimeter.

Orden jou kas

Draai rekkies om die punte van hangers sodat die klere nie afglip nie.

Rol belde op, maak dit vas met ’n rekkie en spaar sodoende plek in die kas.

Bind pare skoene aan mekaar vas as jy jou winter- of somerskoene wegpak.

Hou grimeerborsels bymekaar met ’n rekkie.

Hou dokumente soort by soort bymekaar.

Keer dat kabels koek

Rol alle kabels (van selfone, rekenaars, oorfone, ens.) netjies op en maak dit vas met ’n rekkie. Bêre die kabels in ’n mooi boks saam met ’n paar ekstra rekkies.

Verf netjies met ’n rekkie

Span ’n dik rekkie oor jou verfblik en vee oortollige verf aan die kwas hieraan af sodat dit nie drup voordat jou kwas by die muur uitkom wat jy wil verf nie.

Hou plek

Gebruik ’n rekkie as ’n boekmerk. Trek die rekkie oor die voorblad en skuif dit tot teenaan die “ruggraat” van die boek. Glip die blaaie onder die rekkie in soos jy omblaai – só verloor jy nooit jou plek nie en die boekmerk sal ook nie wegraak nie.

Lees nou:

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

Skep ’n tuiskantoor

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

The post Nog goed om met haarrekkies te doen appeared first on SARIE.


Dekor wat niks kos nie

$
0
0

Met die laaste bietjie verf in ’n blik, ’n afvallap of stuk papier kan jy kosteloos jou plek versier.

Laat jou duvet blom

Skeur lang stroke ongebleikte linne of enige ander lap wat wasbaar is en kan skeur. Draai die stroke losweg om jou hand en vou die rande hier en daar om sodat roosblare vorm. Werk dit met naald en gare vas sodat die roos mooi sal hou. Skeur stingels en knip blare en werk alles met stewige rygsteke in posisie vas op die duvet.

sr0607dekor04.tif

Raam dit mooi

Sit ’n stuk afvallap in ’n mooi ou raam vir ’n splinternuwe “skildery”.

lente 2

As kaal mure pla

Knip ’n swerm swaeltjies uit papier, vou en knak die uitgeknipte vorms effens om hulle beweging te gee en sit dit met wondergom teen jou muur vas.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Gebruik verf op

Teken ’n ontwerp liggies teen die muur en verf dit met oorskietverf.

lente 5

Gawes uit die tuin

Rangskik al jou mooi glase, blompotte of flessies op ’n skinkbord en sit ’n blom of selfs net ’n blaar in elkeen.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Lees nou

Maak mooi met papier

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

The post Dekor wat niks kos nie appeared first on SARIE.

Hout maar nog nie koud

$
0
0

Ons sit almal met die een of ander meubelstuk wat ons geërf het en nie heeltemal ons smaak is nie. Die geheim is om dit op ’n slim manier deel te maak van jou interieur. Meubels wat nie meer so blinknuut is nie, dra juis by tot die unieke persoonlikheid van ’n vertrek. Hier’s ’n paar voorbeelde van hoe jy dit kan laat werk.

1. Skep ’n leeshoekie

FOTO Ryno

FOTO Ryno

’n Antieke tafel, stoel en klassieke prent word hier gekombineer met ’n hipermoderne perspeks-leeslamp. Die kontras tussen perpeks en hout lig die hele atmosfeer.

2. Maak bal-en-klou-meubels nuut

woon3_131

FOTO Ryno

In die veertigs en vyftigs was soliede inheemse houtmeubels met bal-en-klou-pote hoogmode in Suid-Afrika. Die stukke is sterk en stewig, maar vernuwe die voorkoms deur byvoorbeeld ’n tafel se pote ’n vars kleur te verf en die blad af te skuur, met bleikmiddel te behandel en ’n ligte kleurwas te gee. Kombineer dit met stoele met skoon, moderne lyne. So werk oud en nuut perfek saam.

3. Ou stoele kry nuwe sitplekke

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Hierdie twee riempiestoele het ’n moderne afwerking gekry met gevlegte groen sitplekke. Egte leerriempies is nie meer so algemeen beskikbaar nie, maar kan suksesvol vervang word met sterk sintetiese koord in helder kleure. Die stoele gee ’n warm, huislike gevoel aan ’n moderne vertrek met betonmure en kontemporêre bykomstighede.

Lees nou

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

Slim kopies vir jou koshuiskamer

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

    

The post Hout maar nog nie koud appeared first on SARIE.

Raak ontslae van dié klein jakkalsies in jou huis

$
0
0

Jy het dalk al teen hierdie tyd die regpak-en-uitgooi-gier gevolg in jou huis, maar daar is steeds dinge wat jou pla. Ons is geneig om hopeloos te veel op te gaar en spandeer dan onnodig tyd om dit georden te probeer hou.

Gaan met ’n kritiese oog deur elke vertrek. Raak ontslae van elke ding wat jou pla: Gooi uit, herwin, óf skenk aan liefdadigheidsorganisasies.

Kombuis

FOTO Brooke Lark / Unsplash

FOTO Brooke Lark / Unsplash

– Gooi enige gekraakte of gechipte porselein uit. Dis onhigiënies en gebruik onnodig rakspasie.

– Bekers en glase met logo’s op kan ook maar gaan.

– Sorg dat elke plastiekhouer ’n deksel het en raak ontslae van die onpare.

– Ou potte en veral panne waarvan die binnelaag afgekrap is, moet uitgegooi word.

Leefkamer

Screen Shot 2017-02-13 at 06.31.07

Foto Jonathan Simcoe/ Unsplash

– Maak ’n dekorstelling van ou tydskrifte deur dit volgens kleur in ’n stapel te sorteer. Hou slegs tydskrifte wat jy weer wil lees.

– Raak ontslae van enige plastiek- of syblomme, dit vergader net stof.

– Haal ou prentrame van mure af en gee dit ’n nuwe laag verf. Hang dit miskien in ’n nuwe posisie.

Badkamer

– Verbleikte en gevlekte handdoeke kan kleiner geknip word vir vloerlappe.

Lees nou

Adam en Behati wys vir Dusty

Mr. Darcy, is dit jy?!

Bekende dra dieselfde rok 13 jaar later

The post Raak ontslae van dié klein jakkalsies in jou huis appeared first on SARIE.

Hoe moet ek my skilderye hang?

$
0
0

Hetsy dit egte skilderye, ’n oop skilderdoek, geraamde foto’s of prente is, mure het dit nodig om n vertrek persoonlikheid te gee. Maar mense is geneig om prente te hoog of in die verkeerde lig te hang. Hier is n paar riglyne.

1. Ooghoogte

FOTO Inge Prins

FOTO Inge Prins

Ooghoogte beteken die hoogte van die deursnee-mens se oog as hy staan, sowat 145 cm vanaf die vloer. Dit is ook die standaard-afmeting waarvolgens museums kunswerke hang. Onthou dit beteken die middelpunt van die prent en nie waar die gaatjie geboor moet word nie. Merk die 145 cm met ’n potlood af op die muur. Trek die draad waaraan die prent opwaarts soos die prent gaan hang en bepaal die afstand na die middelpunt van die prent. Tel hierdie mate by die 145 cm om te bepaal waar jy die gaatjie moet boor. Pas hierdie afmetings dwarsdeur jou huis toe. 

2. Korrekte lig

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Hang skilderye weg van vensters waar son direk op dit kan skyn. Selfs goeie afdrukke kan in helder lig verbleik. Gloeilampe met ’n geel glans laat skilderye mooi vertoon, terwyl dié met koeler blou lig geskik is vir swart-en-wit foto’s.   

3. Groepeer saam

Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

As jy ’n paar prente van verskillende groottes wil groepeer, hanteer dit as ’n eenheid. Pak al die prente op die vloer uit en bepaal die middelpunt van almal as ’n groep. Hierdie punt moet sowat 145 cm vanaf die vloer wees. Hang die middelste prente eerste op. Gebruik dit as vertrekpunt vir die res.

As jy steeds onseker voel, kontak gerus ’n kunsgalery wat hierdie diens lewer.

Lees nou  

Dekor wat niks kos nie

Dekor praat kopstukke

5 kits-dekorplanne

The post Hoe moet ek my skilderye hang? appeared first on SARIE.

Red jou plante: 10 wenke

$
0
0

Groot dele van ons land is steeds erg droog, en veral in Kaapstad is sake kritiek. Die stad het skaars 130 dae se water oor – en dis mits almal 40% minder water gebruik, berig eNCA. Elke mens moet nou inspring en elke druppel spaar wat hulle kan. 

Ons almal weet nou al van gryswater en die emmer in die stort en baksteen in die toiletbak, maar hier is nog ’n paar waardevolle wenke wat jy kan probeer om jou plante en tuin deur die droogte te help.

1. Gooi ’n dik laag boombas of selfs kompos in jou beddings (moenie dit inspit nie) om die vog in die grond te hou.

2. Gee jou plante ’n ligte somersnoei.

3. Gee jou plante gereeld voeding om hulle sterker te maak. Sterk plante oorleef makliker ’n droogte.

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

4. Maak steggies van die plante wat in hierdie tyd oorleef en beplant jou tuin daarmee wanneer die droogte verby is.

5. Vervang die plante wat jy verloor het, met waterwys struike, kaktus- of vetplante.

6. Hou die water waarin jy groente en eiers kook, laat dit afkoel en gee dit vir jou potplante – dis vol voedingstowwe!

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

7. Vang reënwater op deur emmers uit te sit as ons ’n welkome reënbui kry.

8. Vervang jou grasperk met inheemse bome en ’n interessante “woudpaadjie” van gruisklippe of plaveiblokke wat na ’n sithoekie lei. Jy sal op die lang duur baie geld en water spaar.

9. Skep ’n potte-tuin met vetplante. Dit verg minder moeite en water en kan ’n mooi groen kol in jou tuin maak.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

10. Moenie moed verloor vir water aandra nie, dit gee jou mooi arms en is goeie oefening.

Lees nou

Kwaad as iemand hard kou of sluk? Dís hoekom

Tukkie gaan gróót met SARIE

Drink wyn – dis goed vir jou huwelik!

The post Red jou plante: 10 wenke appeared first on SARIE.

Kies die regte eetkamerstoel

$
0
0

Vir lank en gesellig kuier om die eetkamertafel is dit belangrik dat almal gemaklik sit. Hier’s ’n paar wenke om in gedagte te hou voordat jy eetkamerstoele aanskaf, en ons wys jou ook watter 10 ons sou kies.

Wenke

– Besluit watter styl die beste by jou en jou huis pas. Of hou jy van ’n mengsel van style?

– Stoele van hout en metaal sal vir jare hou.

– Gestoffeerde stoele sit sag en is elegant, maar is moeite om skoon te hou en nie kinder- en troeteldiervriendelik nie.

– Sorg dat al die stoele gemaklik onder die tafel kan inskuif, anders is daar nie genoeg beenspasie as jy aan tafel sit nie.

– Kies ’n stoel met armleunings vir die twee ente van die tafel – dit skep ’n luukse voorkoms.

– Sit op ’n stoel voordat jy dit koop. Wikkel rond en voel of die pote stewig is en die stoel nie kraakgeluide maak nie.

– ’n Stoel met ’n rugleuning wat jou rug goed ondersteun is verkieslik.

Stoele:

1. Weylandts, R995

1. RW995

2. Weylandts, R4 995

2.WR4995

3. Weylandts, R1 495

3.WR1495

4. Weylandts, R14 595

4.WR14595

5. Block & Chisel, R3 895

5.B&CR3895

6. Block & Chisel, R3 995

6.B&CR3995

7. Mr Price Home, R399,99

7.MrPR399,99

8. Mr Price Home, R799,99

8.MrPR799,99

9. Eleven Past, R940

9.EPR940

10. Eleven Past, R1 895

10.EPRR1895

Lees nou

Raak ontslae van dié klein jakkalsies in jou huis

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

11 maklike geldspaar-wenke

The post Kies die regte eetkamerstoel appeared first on SARIE.

Brei ’n maklike trui in skakerings

$
0
0

Vir dié maklike trui word die moue aaneen met die pante gebrei en die geskakeerde breidraad vorm ’n selfpatroon.

Hier is die volledige Engelse patroon (nr. 7618) soos verskaf deur Elle, gebrei in hul nuwe draad kaleido. Ons verskaf ook ’n paar Afrikaanse brei-afkortings.

SIDEWAYS CARDIGAN

IMPORTANT NOTE: 

Unless yarn specified is used, SAPROTEX cannot accept responsibility for the finished work.

Owing to printing restrictions the colour reproduction is matched as closely to the yarn as possible.

The instructions are given for the smallest size, with the larger sizes in brackets; where only one figure is given, it applies to all sizes.

Save time, take time, check tension. For best results it is essential to obtain the correct tension. If there are too few stitches on test swatch, use (a) thinner (hook) needles; if there are too many stitches, use (a) thicker (hook) needles.

MATERIALS

ELLE KALEIDO (100 g ball)

4(4;5;5;6;6) balls Seasprite 402

One pair 5 mm knitting needles

MEASUREMENTS

Original garment worked in size 82-87 cm

To fit bust: 82-87(92-97;102-107;112-117;122-127;132-137)cm

Actual all round measurement of garment: Bust: 89(100;110;120;130;140)cm

Length to shoulder: 65 cm

Sleeve length: 20 cm

TENSION

17sts and 24 rows = 10 cm over stocking stitch using 5 mm needles

ABBREVIATIONS (sien ook Afrikaanse afkortings)

beg = begin(ning)

cont = continue

foll(s) = follow(s)ing

k = knit

m1 = make one stitch, pick up loop between last and next stitch and work into the back of this loop

m1 = maak een steek: tel ’n lus tussen laaste en vlge steek op en brei in agterkant van die lus

p = purl

rep = repeat

R(W)SF = right(wrong) side facing

RK(VK)V = regte(verkeerde) kant voor

R(W)SR = right(wrong) side row

RK(VK)ry = regte(verkeerde) kant ry

st(s) = stitch(es)

st st = stocking stitch (koussteek)

tog = together

INSTRUCTIONS

BACK (worked sideways):

Beg at LEFT SLEEVE: Using 5 mm needles cast on 30sts and k 4 rows.

Cont as folls:

1st row: RSF, k.

2nd row: P.

These 2 rows will now be referred to as stocking stitch (st st).

St st 8(4;2;2;2;2) more rows.

*Next row: K2, m1, k to end.

St st 9(7;3;3;3;3) rows*.

Rep from * to * 1(1;7;5;3;1) times more = 32(32;38;36;34;32)sts.

1ST SIZE ONLY:

Next row: K2, m1, k to end.

St st 7 rows.

Next row: K2, m1, k to end.

2ND SIZE ONLY:

Next row: K2, m1, k to end.

St st 5 rows.

Rep last 6 rows once more.

Next row: K2, m1, k to end.

St st 3 rows.

Next row: K2, m1, k to end.

3RD TO 6TH SIZES ONLY:

Next row: K2, m1, k to end.

Next row: P.

Rep last 2 rows -(-;0;4;8;12) times more.

Next row: K2, m1, k to end.

ALL SIZES:

= 34(36;40;42;44;46)sts.

St st 4 rows.

BODY:

Next row: Cast on 76(74;70;68;66;64)sts for side seam, k4, p to end = 110sts.

Next row: K.

Next row: K4, p to end.

Rep last 2 rows until work measures 13(16;18;20;22;24)cm from side seam ending with a RSR.

Place a marker at beg of last row worked.

Next row: K4, p to last 4sts, k4.

Next row: K**.

Rep last 2 rows until work measures 18(18;19;20;20;22)cm from marker ending with a RSR.

Place a marker at beg of last row worked.

Next row: K4, p to end.

Next row: K.

Rep last 2 rows until work measures 13(16;18;20;22;24)cm from second marker ending with a RSR.

Next row: Cast off 76(74;70;68;66;64)sts for side seam, p to end = 34(36;40;42;44;46)sts.

RIGHT SLEEVE:

Beg with a k row, st st 4 rows.

1ST SIZE ONLY:

Next row: K2, k2tog, k to end.

St st 7 rows.

2ND SIZE ONLY:

Next row: K2, k2tog, k to end.

St st 3 rows.

Next row: K2, k2tog, k to end.

St st 5 rows.

Rep last 6 rows once more.

3RD TO 6TH SIZES ONLY:

Next row: K2, k2tog, k to end.

Next row: P.

Rep last 2 rows -(-;0;4;8;12) times more.

ALL SIZES:

= 33(33;39;37;35;33)sts.

*Next row: K2, k2tog, k to end.

St st 9(7;3;3;3;3) rows*.

Rep from * to * 1(1;7;5;3;1) times more.

Next row: K2, k2tog, k to end = 30sts.

St st 10(6;4;4;4;4) rows.

K 4 rows, then cast off all sts.

RIGHT FRONT (worked sideways):

Beg at front edge: Using 5 mm needles cast on 110sts and k 4 rows.

Next row: K.

Next row: K4, p to last 4sts, k4.

Rep last 2 rows until work measures 10(9;10;10;11;11)cm from beg ending with a RSR.

Place a marker at beg of last row worked.

Next row: K4, p to end.

Next row: K.

Rep last 2 rows until work measures 13(16;18;20;22;24)cm from marker ending with a RSR.

Next row: Cast off 76(74;70;68;66;64)sts for side seam, p to end = 34(36;40;42;44;46)sts.

SLEEVE:

Work as for right sleeve of back to end.

LEFT FRONT:

Beg at sleeve: Work as for left sleeve and body of back to **.

Rep last 2 rows until work measures 10(9;10;10;11;11)cm from marker ending with a RSR.

K 4 rows, then cast off all sts.

TO MAKE UP:

Sew shoulder/arm seams neatly to markers.

Sew up side and sleeve seams.

Block garment to measurement, cover with a damp cloth and allow to dry.

Lees nou

Brei warm handskoene

Brei ’n trendy flamink-kussing

Brei ’n snoesige warmwatersak — in een aand

The post Brei ’n maklike trui in skakerings appeared first on SARIE.


Spandeer minder aan dié 5 dekor-items

$
0
0

Deur slim te werk te gaan kan jy tog jou huis mooi inrig sonder om die bank te breek. Hier is vyf items waarop jy kan spaar.

1. Strooikussings

FOTO Mr Price Home

FOTO Mr Price Home

Die maklikste manier om lewe aan ’n vertrek te gee is met nuwe strooikussings. Koop goedkoop kussings wat die seisoen weerspieël, of nog beter, koop los oortreksels vir jou bestaande kussings. Beskou dit as ’n bykomstigheid soos ’n serp wat jy per seisoen afwissel, maar soek rond vir winskopies.

2. Binnenshuise plante

FOTO Unsplashed / Sarah Dorweiler

FOTO Unsplashed / Sarah Dorweiler

Bome in mooi houers in die huis lyk altyd besonders in dekortydskrifte, maar dis nogal duur en nie die moeite werd om geld aan te spandeer nie. Bome is bedoel om buite te groei en daar’s geen waarborg dat dit binne sal aard nie. ’n Groen blaar of twee in ’n glaspot hou baie lank en kan net so effektief wees. ’n Potplant wat lank blom is ook ’n opsie.

3. Handdoeke

FOTO Mr Price Home

FOTO Mr Price Home

Duur handdoeke hou net so lank soos goedkoper handdoeke en droog nie noodwendig beter af nie. Die dikker tipe is soms ook te glad en nie absorberend genoeg nie. Koop eerder goedkoper handdoeke op uitverkopings.

Wenk: Was nuwe handdoeke met ’n hand vol sout by die waspoeier voordat jy dit gebruik. Dit verwyder oorblywende chemikalieë uit die vesels en die handdoek droog dan beter af.

 4. Snuisterye

Dis in die menslike natuur om goed te koop al het ons dit nie nodig nie. As jy daartoe geneig is, sorg dat jy nie te veel spandeer nie en dat dit pas by ’n bestaande versameling of groepering van ornamente in jou huis.

5. Galery

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

Dis die verskeidenheid en die plasing van geraamde prente wat dit interessant maak en nie noodwendig die waarde van elke individuele item nie. Jy kan dus maklik met goedkoop rame en afdrukke ’n fokusmuur skep.

Bron: My Domaine

The post Spandeer minder aan dié 5 dekor-items appeared first on SARIE.

5 wenke om die regte los mat te kies

$
0
0

’n Los mat is baie meer as net ’n vloerbedekking. Dit trek die hele voorkoms van ’n vertrek bymekaar en vorm ’n fokuspunt. Matte gee kleur, tekstuur en dra by tot ’n warm en knus gevoel.

Hier’s ’n paar wenke om die perfekte los mat te kies:

1. Die mat moet groot genoeg wees om die spasie “af te baken”. As jy dit byvoorbeeld in jou leefgedeelte gebruik, moet al die pote van die koffietafel daarop wees en die bank of leunstoele moet daaraan raak. ONTHOU: Die mat moenie soos ’n klein posseël verlore lê in ’n geselsarea nie.

2. In die eetkamer moet die mat so groot wees dat die stoele steeds op die mat staan as mense om die tafel sit.

3. ’n Mat in die gang moet breed en lank genoeg wees sodat dit nie opfrommel en rondskuif nie.

4. Moenie bang wees vir kleur, patroon en tekstuur nie. ’n Mat is dié item om mee te waag.

5. Plaas altyd ’n ondervilt onder ’n los mat as dit op ’n gladde plank- of teëlvloer gebruik word.

Hier is 10 nuwe matte om van te kies:

Jute-en-symat van Weylandts – R5 995

ALBOROBELLO JUTE AND SILK CARPET

Viskosemat van Weylandts – R15 995

GLAM VISCOSE CARPET

Marokkaanse mat van Weylandts – R15 995

MOROCCAN CARPET

Baku-matte van Hertex – klik hier vir meer inligting.

021_hertex23208

Boliviaanse Montero-mat in Mauve van Hertex – klik hier vir meer inligting.

montero_mauve

Boliviaanse La Paz-mat in Turmeric van Hertex – klik hier vir meer inligting.

la_paz_turmeric[1]

Verweerde vintage- Anatoliese mat van Weylandts – R19 995

OVERDYED VINTAGE DISTRESSED RUG

Buitemat van Weylandts – R2 995

Screen Shot 2017-03-16 at 7.55.31 AM

Boliviaanse Cameri-mat in Turmeric van Hertex – klik hier vir meer inligting.

cameri_turmeric

Bron: Weylandts

Lees nou

Spandeer minder aan dié 5 dekor-items

Hoe lyk dekor in 2017?

Dekor – die moets en moenies

The post 5 wenke om die regte los mat te kies appeared first on SARIE.

’n Hekelblokkie vir beginners

$
0
0

As jy wil leer hekel, is dít die maklikste blokkie om mee te begin. 

As jy nie self wil hekel nie, kan jy gerus die PIP-hekelprojek van ’n groep bejaardes in die omgewing van Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel ondersteun. Hul onderneming om besig te bly en ’n ekstra geldjie te verdien het uitgekring na ander vroue in behoeftige gemeenskappe. Elke vrou wat ’n bydrae lewer, word betaal vir haar werk. Besoek PIP om die produkreeks en kleuropsies te sien, of om aanlyn te bestel.

Edit Resize-3919

FOTO PIP

Ouma-hekelblokkie

Benodigdhede

Resbietjies dubbeldraad in 4 verskillende kleure, 4 mm-hekelpen

Afkortings

Gp(e) – groep(e); gs – glipsteek; her – herhaal; ks – kettingsteek(steke); lb – langbeen; rdte(s) – rondte(s); sp(s) – spasie(s); vlge – volgende

Hekel een blokkie s

Hekel 6 ks, las met ’n gs in 1e ks om ’n ring te vorm.

1e rdte: 3 ks (= telkens 1e lb), hekel 23 lb in ring, las met gs in 3e ks.

2e rdte: 3 ks, slaan 3 lb oor (insluitend die een onder 3 ks), * 6 lb in vlg sp (steek pen in sp tussen die onderste rdte lb), slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, slaan 3 lb oor, her rondom van * tot 4 hoeke van 6 lb gevorm is (met een gp van 3 lb tussenin) en las aan 1e lb.

3e rdte: Neem vlge kleur; 3 ks, 6 lb tussen 6 lb van hoek, 3 lb in vlg sp, slaan vlg gp 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, hekel sό verder tot rdte voltooi is, eindig met 2 lb (dit voltooi die laaste 3-lb-gp saam met 1e 3 ks).

4e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos vorige rdtes, maar met 3 gpe van 3 lb tussen hoeke.

5e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos 4e rdte, maar met 4 gpe van 3 lb tussen hoeke. Wissel ligte en donker kleure af en heg af.

Afwerking

As jy dit rondom ’n kombers wil vaswerk, meet hoeveel blokkies benodig word om rondom 4 sye te gaan. Werk dan blokkies aan mekaar tot 4 lang stroke, werk ook oortollige drade weg. Werk stroke met die hand en met gewone masjiengare en naald rondom kombers vas.

Selfs eens van SARIE voorbladgesig se top-10 Nicole Lamberts hou van hekel. Op Sondag word die wenner aangewys in Kaapstad!

Een van ons SARIE se Top 10 Voorbladgesig-finaliste Nicole Lamberts is besig om te hekel FOTO Phylis Green

Een van ons SARIE se Top 10 Voorbladgesig-finaliste Nicole Lamberts is besig om te hekel.
FOTO Phylis Green

Lees nou

Donker mure

Maklike strepieskombers om te hekel

Bling jou fotoraam binne minute

The post ’n Hekelblokkie vir beginners appeared first on SARIE.

VIDEO: Stoffeer ’n ou stoel

$
0
0

Wil jy een van jou stoele se sitplekke stoffeer? Ons wys jou ’n maklike manier hoe! 

Benodigdhede

• liggewig-stoffeermateriaal (ons het die ontwerp Bush Beauties van Hertex Fabrics gebruik)
• watteersel
• kramgeweer
• skroewedraaier

Maak so

Lig krammetjies uit ou oortreksel met skroewedraaier.

Verwyder ou oortreksel.

Sny watteersel so groot soos bokant.

Gebruik ou oortreksel as patroon, plaas op nuwe materiaal en knip nuwe een effe groter.

Plaas bo-op om te sien of patroonplasing reg is.

Dop om, vou materiaal om en kram vas. Begin altyd in die middel.

Kram teenoorstaande rand vas.

Doen ander twee sye op dieselfde wyse.

Knip materiaal by hoeke effe weg.

Vou al vier hoeke dieselfde en kram vas.

Plaas ’n stukkie materiaal aan agterkant om rou rande toe te maak en kram vas.

Plaas sitplek terug in stoel.

Kyk die stap-vir-stap-video en doen dit sommer self:

 

 

The post VIDEO: Stoffeer ’n ou stoel appeared first on SARIE.

PATROON: Veelsydige trui

$
0
0

Dié nuwe katoenbreidraad van Elle Yarns is sag en kom in verskeie kleure met ’n klein vlekkie room. Hier is die volledige Engelse patroon (nommer 16.074) soos deur hulle verskaf. Sien die Afrikaanse afkortings saam met Abbreviations.

 

CARDIGAN    L                              

CODE: 16.074

IMPORTANT NOTE:

Unless yarn specified is used, SAPROTEX cannot accept responsibility for the finished work.

Owing to printing restrictions the colour reproduction is matched as closely to the yarn as possible.

The instructions are given for the smallest size, with the larger sizes in brackets; where only one figure is given, it applies to all sizes.

Save time, take time, check tension. For best results it is essential to obtain the correct tension. If there are too few stitches on test swatch, use (a) thinner (hook) needles; if there are too many stitches, use (a) thicker (hook) needles.

MATERIALS

ELLE COTTON FLECK (50 g ball)

8(8;9;9;10;10) balls colour of your choice

One pair 4 mm knitting needles

4 mm circular knitting needle

2 stitch holders

 

MEASUREMENTS:

Original garment worked in size 87 cm

To fit bust: 82(87;92;97;102;107)cm

Actual all round measurement of garment: Bust: 85(90;95;101;106;110)cm

Length to back neck: 60(60;65;65;68;68)cm

Sleeve seam: 43(45;46;46;47;48)cm

 

TENSION

20sts and 28 rows = 10 cm over stocking stitch using 4 mm needles

 

ABBREVIATIONS

alt = alternate; alternatiewe

beg = begin(ning); begin

cont = continue; brei verder

dec = decrease; verminder

foll(s) = follow(s)ing; volgende

inc = increase; vermeerder

k = knit; brei

kb = knit into back of stitch; brei in agterkant van steek

p = purl; aweregs

patt(s) = pattern(s); patroon(patrone)

pb = purl into back of stitch; brei aweregs in agterkant van steek

rem = remain(ing); oorblywende

rep = repeat; herhaal

R(W)SF = right(wrong) side facing; Regte kant (Verkeerde kant) voor

R(W)SR = right(wrong) side row: Regte kant (verkeerde kant) ry

st(s) = stitch(es); steek (steke)

st st = stocking stitch; koussteek

tog = together; tesame

FOTO Elle Yarns

FOTO Elle Yarns

INSTRUCTIONS

BACK AND FRONTS:

Worked in one piece to beg of raglans:

Using a 4 mm circular needle cast on 221(233;247;263;275;287)sts.

1st row: RSF, k1, (p1, kb) to last 2sts, p1, k1.

2nd row: P1, (k1, pb) to last 2sts, k1, p1.

These 2 rows will now be referred to as twisted single rib.

Work 8 more rows twisted single rib patt.

Next row, dec row: K7(9;8;8;10;8)sts, (k2tog, k2) to last 10(12;11;11;13;11)sts, k2tog, k8(10;9;9;11;9)sts = 169(179;189;201;211;219)sts.

Next row: WSR, p15(20;14;20;14;18)sts, pb, k1, pb, p to last 18(23;17;23;17;21)sts, pb, k1, pb, p to end.

Next row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, k to last 18(23;17;23;17;21)sts, kb, p1, kb, k to end.

Rep last 2 rows, now referred to as stocking stitch (st st) with mock seam until work measures 14 cm from beg ending with a WSR.

Cont as folls:

1st row: RSF, k15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *k1, p5, k2, p2, k3, p2, k2, p5, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, k1, kb, p1, kb, k to end.

2nd row: P15(20;14;20;14;18)sts, pb, k1, pb, p1, *p1, k1, p3, k1, p2, k2, p1, k2, p2, k1, p3, k1, p2, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

3rd row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *k2, p5, k2, p2, k1, p2, k2, p5, k1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, k1, kb, p1, kb, k to end.

4th row: As 2nd row.

5th row: As 3rd row.

6th row: P15(20;14;20;14;18)sts, (pb, k1) twice, *p2, k1, p3, k1, p2, k3, p2, k1, p3, k1, p2, k1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

7th row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *p1, k2, p5, k2, p3, k2, p5, k2, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, p1, kb, p1, kb, k to end.

8th row: As 6th row.

9th row: As 7th row.

10th row: P15(20;14;20;14;18)sts, (pb, k1) twice, *k1, p2, k1, p3, (k1, p2) twice, k1, p3, k1, p2, k2, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

11th row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *p2, k2, p5, k2, p1, k2, p5, k2, p1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, (p1, kb) twice, k to end.

12th row: As 10th row.

13th row: As 11th row.

14th row: P15(20;14;20;14;18)sts, pb, k1, pb, p1, *k2, p2, (k1, p3) 3 times, k1, p2, k2, p1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

15th row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *k1, p2, k2, p5, k3, p5, k2, p2, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, k1, kb, p1, kb, k to end.

16th row: As 14th row.

17th row: As 15th row.

18th row: P15(20;14;20;14;18)sts, pb, k1, pb, p1, *p1, k2, p2, k1, p3, k1, p1, k1, p3, k1, p2, k2, p2, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

19th row: K15(20;14;20;14;18)sts, kb, p1, kb, *k2, p2, k2, p5, k1, p5, k2, p2, k1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, k1, kb, p1, kb, k to end.

20th row: As 18th row.

21st row: As 19th row.

22nd to 25th row: Rep 14th and 15th row twice.

26th to 29th row: Rep 10th and 11th row twice.

30th to 33rd row: Rep 6th and 7th row twice.

34th to 37th row: Rep 2nd and 3rd row twice.

38th row: P15(20;14;20;14;18)sts, pb, k1, pb, p1, *k1, p3, k1, p2, k2, p3, k2, p2, k1, p3, k1, p1, rep from * 5(5;6;6;7;7) times more, pb, k1, pb, p to end.

Cont straight in st st with mock seam patt as before until work measures 43(42;46;45;47;46)cm from beg ending with a WSR.

 

RIGHT FRONT:

Next row: Using 4 mm needles, patt 42(44;47;50;52;54)sts, leaving rem 127(135;142;151;159;165)sts on circular needle, turn work.

 

SHAPE RAGLAN:

Cont in patt and cast off 5(7;6;8;9;9)sts at beg of next row = 37(37;41;42;43;45)sts.

Dec 1 st (= work 2tog) at same edge of every alt row until 13(12;14;14;14;14)sts rem.

Leave these sts on a holder for neckband section.

 

BACK:

Next row: RSF, using 4 mm needles, cast off next 5(7;6;8;9;9)sts from circular needle, k until there are 80(84;89;93;98;102)sts on needle, leaving rem 42(44;47;50;52;54)sts on circular needle, turn work.

FOTO Elle Yarns

FOTO Elle Yarns

 

SHAPE RAGLANS:

Working in st st, cast off 5(7;6;8;9;9)sts at beg of next row = 75(77;83;85;89;93)sts.

Dec 1 st at each end of next row, then at each end of next 15(16;18;19;20;22) alt rows = 43(43;45;45;47;47)sts.

 

SHAPE FIRST SIDE OF NECK:

Next row: Dec 1 st, k until there are 16sts on right hand needle, leaving rem sts on a holder, turn work.

Next row: Dec 1 st, p to end = 15sts.

Next row: Dec 1 st at each end = 13sts.

Rep last 2 rows = 10sts.

Dec 1 st at each end of next 4 alt rows = 2sts.

K2tog, fasten off.

 

SHAPE SECOND SIDE OF NECK:

Next row: RSF, rejoin yarn to and pick up sts from holder, cast off next 9(9;11;11;13;13)sts, k to last 2sts, work 2tog = 16sts.

Next row: P, dec 1 st at end = 15sts.

Next row: Dec 1 st at each end = 13sts.

Rep last 2 rows = 10sts.

Dec 1 st at each end of next 4 alt rows = 2sts.

K2tog, fasten off.

 

LEFT FRONT:

Next row: RSF, using 4 mm needles, cast off next 5(7;6;8;9;9)sts from circular needle, patt to end = 37(37;41;42;43;45)sts.

Next row: Patt.

 

SHAPE RAGLAN:

Cont in patt and dec 1 st at beg of next row, then at same edge of every alt row until 13(12;14;14;14;14)sts rem.

Leave these sts on a holder for neckband section.

 

SLEEVES (both alike):

Using 4 mm needles cast on 47(47;49;49;53;53)sts and work 10 rows twisted single rib patt.

Next row, dec row: K3(3;4;4;2;2)sts, (k2tog, k2) 10(10;10;10;12;12) times, k2tog, k2(2;3;3;1;1)sts = 36(36;38;38;40;40)sts.

Cont in st st and inc 1 st at each end of every 8(8;8;8;8;6)th row 10(4;2;2;1;16) times = 56(44;42;42;42;72)sts.

Inc 1 st at each end of every 6(6;6;6;6;4)th row 3(12;15;15;17;4) times = 62(68;72;72;76;80)sts.

Cont straight until work measures 43(45;46;46;47;48)cm from beg ending with a WSR.

 

SHAPE RAGLANS:

Cast off 5(7;6;8;9;9)sts at beg of next 2 rows = 52(54;60;56;58;62)sts.

Dec 1 st at each end of next 13(14;18;11;12;14) alt rows = 26(26;24;34;34;34)sts.

Dec 1 st at each end of every 4th row 5(5;4;8;8;8) times = 16(16;16;18;18;18)sts.

Cast off all sts.

 

NECKBAND SECTION (both alike):

Sew raglan seams.

RSF, using 4 mm needles, pick up the 13(12;14;14;14;14)sts on holder and cont straight in st st until work fits neatly across top of sleeve and to centre of back neck ending with a RSR, then cast off all sts.

 

TO MAKE UP:

Sew row edge of neckband section neatly and evenly into place, then join neckband seam.

Sew up sleeve seams.

Block garment to measurement, cover with a damp cloth and allow to dry.

Lees nou

VIDEO: Stoffeer ’n ou stoel

Brei warm handskoene

Brei ’n maklike blokke-kombers

The post PATROON: Veelsydige trui appeared first on SARIE.

Viewing all 252 articles
Browse latest View live